Die derde spoel by S J Naude

Skip to product information
1 of 1

Die derde spoel by S J Naude

Regular price
Checking stock...
Regular price
Checking stock...
Summary

Etienne is twee-en-twintig en studeer filmkuns in London nadat hy uit Suid- Afrika gevlug het om diensplig te vermy. Dit is 1986, die tyd van Thatcher, optogte teen apartheid, en Vigs, maar ook van eksperimentele kuns, postpunk en die Royal Vauxhall Tavern.

The feel-good place to buy books
  • Free shipping in the US over $15
  • Supporting authors with AuthorSHARE
  • 100% recyclable packaging
  • Proud to be a B Corp – A Business for good
  • Sell-back with World of Books - Sell your Books

Die derde spoel by S J Naude

Etienne is twee-en-twintig en studeer filmkuns in London nadat hy uit Suid- Afrika gevlug het om diensplig te vermy. Dit is 1986, die tyd van Thatcher, optogte teen apartheid, en Vigs, maar ook van eksperimentele kuns, postpunk en die Royal Vauxhall Tavern. Etienne raak verlief op 'n Duitse kunstenaar in hierdie skadustad waar mense in bouvallige kunstenaarskommunes woon. In Londen kom Etienne af op die eerste van drie filmspoele wat tydens die dertigerjare in Duitsland verfilm is. Etienne begin na die verlore spoele soek, 'n soektog wat 'n obsessie word wanneer sy geliefde vermis raak in Berlyn. Terwyl Etienne die gevaarlike ruimtes weerskante van die Muur navigeer, begin die verhaal van 'n groepie Joodse filmmakers in Nazi-Duitsland vorm aanneem. Etienne word egter teruggeruk na die hede en na Suid-Afrika, maar sy soektog na die vermiste film duur voort. Argitektuur, kinematografie, seks, musiek, siekte, verlies en liefde deurweek SJ Naude se kosmopolitaanse en roerende Die derde spoel, waarmee hy nuwe grond vir die roman in Afrikaans breek.
SJ Naude is die skrywer van Alfabet van die voels, wenner van die Universiteit van Johannesburg-debuut en die Jan Rabie Rapport-prys. Hy het in die regte aan die Universiteit van Pretoria en aan Cambridge en Columbia studeer en verwerf 'n meestersgraad in kreatiewe skryfkuns aan die Universiteit van Stellenbosch. Alfabet van die voels verskyn ook in Nederlands en Engels. Die Jan Rabie & Marjorie Wallace-skrywersbeurs vir 2014 is aan hom toegeken en sy werk is gepubliseer in Granta en tydskrifte in die vsa, Nederland en Italie. Na jare in New York en Londen, woon hy tans in Johannesburg.
SKU Unavailable
ISBN 13 9781415207475
ISBN 10 141520747X
Title Die derde spoel
Author S J Naude
Condition Unavailable
Binding Type Paperback
Publisher Penguin Random House South Africa
Year published 2017-05-04
Number of pages 352
Cover note Book picture is for illustrative purposes only, actual binding, cover or edition may vary.
Note Unavailable