
Karaktermoord by Carina Diedericks-Hugo
Jare gelede het die beeldskone digter Anna Neethling finaal uit die uitgewer Malan Sinclair se lewe gestap. Hul verhouding was ’n maalkolk wat sy huwelik en loopbaan wou verswelg. Maar nou is Anna onverwags terug. Wanneer Malan haar lyk langs sy motor vind ná ’n helse uitval in sy kantoor, bou die afwaartse spiraal momentum op. ’n Paar dae later maak ’n uittreksel uit Anna se dagboek Malan die hoofverdagte in haar moord en kom gebeure wat meer as ’n dekade gelede tydens ’n drinkparty op ’n wynplaas afgespeel het op die lappe. Iets het daardie aand in die kelder gebeur en meer as een paar hande is bevlek. Karaktermoord is die bekende jeugboekskrywer Carina Diedericks- Hugo se langverwagte rillerdebuut.
Carina Diedericks-Hugo is gebore in Johannesburg en het groot geword in Pretoria en Kaapstad. Na matriek aan Herschel Girls' School in Kaapstad, studeer sy aan die Universiteit van Stellenbosch en behaal die grade BA (Internasionale Studies), Honneurs Afrikaans en Nederlands (cum laude) en MPhil (Joernalistiek). Sy is al benoem vir die Sanlamprys vir Jeuglektuur en die M.E.R.-prys. Sy het die ATKV-Kinderboekprys reeds vyf maal gewen.
| SKU | Unavailable |
| ISBN 13 | 9781415210178 |
| ISBN 10 | 1415210179 |
| Title | Karaktermoord |
| Author | Carina Diedericks-Hugo |
| Condition | Unavailable |
| Binding Type | Paperback |
| Cover note | Book picture is for illustrative purposes only, actual binding, cover or edition may vary. |
| Note | Unavailable |